Een van twee met 9 A-Simbole in Limpopo

04-HFM 9 onderskeidingsPetro-Mari Pieterse van Hoërskool Frikkie Meyer is een van net twee Limpopo Matriekleerlinge wat 9 A-simbole tydens die afgelope 2014 matriek eindeksamen behaal het. Sy was ook vyfde beste presteerder in Waterberg met ‘n gemiddeld van 89.1%. Petro-Mari het ook 100% vir Geskiedenis behaal, wat ook die beste prestasie vir geskiedenis in Limpopo was. Daarby het sy ook die hoogste persentasie in Lewenswetenskappe met ‘n eksamenpunt van 91% behaal, waarmee sy dan ook die toekenning van die Tweede Beste Leerder in Provinsie in hierdie vak losgeslaan het