THABAZIMBI – Bikers for Cancer is tans besig om ‘n gholfdag te reël te Amanedlbult Gholfbaan vir 26 April 2014. Die dag is ten bate van die Helpende Hande se “Care Centre” waarby die Ghost Riders, Inka Riders MCC lede asook vrywilligers vanuit die gemeenskap reeds hard aan die werk is.(Sien ook berig in Kwêvoël 7 Maart 2014)
‘n Beroep word op alle ander motorfietsklubs, besighede, organisasies en individue gedoen om spanne in te skryf en om op hul beurt ander besighede en of biker clubs uit te daag om ook spanne in te skryf om van hierdie projek ‘n groot sukses te maak.
Niemand weet wie van ons of ons gesinne mag dalk eendag nodig hê om van hierdie “care centre” gebruik te maak nie. Kom ons staan saam om die projek ‘n sukses te maak. Elke moontlike Saterdag word daar aan die “Care Centre” projek by Helpende Hande gewerk.
Hulp van professionele mense soos loodgieters en elektrisiëns word ook benodig. Alle skenkings is ook welkom. Sonder die ondersteuning, skenkings en insette van die gemeenskap sal die projek baie lank neem om te voltooi. Daar word gehoop om werk aan die “Care Centre” teen Junie 2014 af te handel.
‘n Lys van alle benodighede is beskikbaar by die kommitee lede en ‘n rekening is by ABSA oopgemaak vir kontant skenkings.
Die rekeningbesonderhede vir Bikers 4 Cancer is: Absa Bank, rekeningnommer 408 320 2932, tak: Thabazimbi, takkode: 632005.
Kontak inligting van kommitee lede: Marius Olivier 082 859 6516; Henk Botha 078 224 4586; Tom Low 083 4001 514; Victor Van Der Merwe 083 289 0849 en Adriaan Pretorius 083 228 4397.
Die gemeenskap sal op hoogte gehou word van die vordering van die “care centre” deur middel van Die Kwêvoël gemeenskapskoerant.
