THABAZIMBI – Mr Richard Willats, Direkteur van WESEnterprises Ltd in Thabazimbi, is eersdaags weer terug by die werk. Kwêvoël het op 31 Januarie, berig dat mr Willats deur ‘n Mosambiekse spoegkobra gepik is op 14 Desember 2013, waarna hy ses weke in Peglerae hospitaal in Rustenburg deurgebring het.
Hy het vyf operasies ondergaan om die dooie vel en weefsel te verwyder en die sesde operasie, ‘n veloorplanting was ook suksesvol.
Mr Willats is na 6 weke ontslaan, maar moes steeds twee keer ‘n week Rustenburg toe ry vir die verandering van die verbande, daarna is dit oorgegee aan Dr Buys in Thabazimbi.
Na drie maande moet hy steeds verbande om sy voet en been dra en maak hy gebruik van ‘n “moon boot” vir ondersteuning om rond te loop. Hy sal binnekort weer voltyds by die werk wees.
Die publiek word gemaan om maar lig te loop vir slange en dat indien jy deur een gepik word om seker te maak presies watter slangspesie dit was.

