Community

Groot name by Musiekfees

THABAZIMBI – Van die grootste name in die musiekbedryf was op Saterdag 30 November tydens die Gitta-Martula Musiekfees by die plaaslike skouterrein te siene. Heuwels Fantasties, Just Jinjer, Jaco le Grange en Gert Koevert & Band het die feesgangers vermaak met hul gewildste liedjies, terwyl Martin Bester, Jacaranda FM se populêre platejoggie, die liefdadigheidsveiling aangebied het en sy lyf beoordelaar gehou het tydens die potjiekoskompetisie.

Alle fondse wat gegenereer is tydens die fees, is aan die diererehabilitasiesentrum, Gitta-Martula geskenk. Meer oor Gitta-Martula in die vakansie-uitgawe van Kwêvoël op Vrydag 20 Desember 2013.

Die Mnr & Mej Gitta-Martula skoonheidskompetisie is ook tydens die fees aangebied en het gesorg vir vele skoonhede wat die perseel betree het.

50-Gitta Martula 1

Die wenners in die afdeling 16-24 jaar, vlnr: Zheree Havenga (eerste prinses), Mej Gitta-Martula Rozelle Bester en Alison Jacobs (tweede prinses).