Community

Thabazimbi Kunste Eisteddfod

THABAZIMBI – ‘n Baie geslaagde Kunste Eisteddfod is verlede week in die Super KunsteGrot aangebied.

Die musiekafdeling is beoordeel deur me Irma Day en die drama-afdeling deur mnr Christo Potgieter, twee baie bekwame beoordelaars van Pretoria. Mnr Potgieter was veral baie beïndruk deur die diepte van die werk asook die “vars” aanbieding van die drama-items. Die uitslae is as volg:  musiek instrumentaal: 38 items – 7A+, 26 A en 5 B+, mikrofoonsang: 26 items – 3 A++, 6A+, 16A en 1B+. Drama: 67 items – 21A++, 26A+ en 20A.

Afdelingwenners: mikrofoonsang: Irene Marais Gr 7 en Rigardt Vink Gr 9. Poësie: Ané Viljoen Gr 1 – 3; Vihan Wentzel Gr 4 – 5; Gerdie du Plessis  Gr 6; Anke-Mari Wentzel Gr 7, Gerdri Eloff Gr 8 – 10 en Corli-Elize vd Berg Gr 11 -12. Gedramatiseerde poësie: Noenoe Coetzee Gr 1 – 3 en Anke-Mari-Wentzel Gr 4-7. Gedramatiseerde prosa: Gerdri Eloff Gr 8 – 10. Prosa: Lorinda Coetzee Gr 1 – 3, Vihan Wentzel Gr 4-5, en Diaan Coetzee Gr 6-7. Monoloë: Izandri Joubert Gr 1 -3, Anke-Mari Wentzel Gr 4-7 en Gerdri Eloff Gr 8 – 10.

43-ATKV 2 Ané Viljoen

Ané Viljoen.