Promosie Artikel
THABAZIMBI – Die neuroterugvoeringsterapie, Brain Gain, het pas in Thabazimbi arriveer. Onderleiding van die neuroterugvoeringsterapeut, Dalinda Greyling, sal Brain Gain hoop bring vir enige persoon met konsentrasieprobleme.
Dit is alombekend dat ‘n kind op akademiese vlak sal sukkel, selfs al het hy/sy die breinkapasiteit van ‘n genie, indien daar konsentrasieprobleme voorkom.
Enige persoon, van 4 tot 80 jaar kan getoets word. Besoek Dalinda se praktyk in Van Der Bijlstraat 149, gebou nommer 2, Thabazimbi om getoets te word. Die assessering word gedoen deur middel van ‘n TESCA-toets van emosionele stabiliteit en kognitiewe vermoë. Die TESCA toets is ‘n gerekenariseerde visuele deurlopende vorderingstoets (CPT) vir die evaluasie van aandag, konsentrasie en impulsiwiteit in kinders en volwassenes. Die toets verskaf betroubare en relevante inligting wat andersins nie meetbaar is of as ‘n resultaat op skrif voorgelê kan word nie. Die toets sal bepaal of u kind binne normale grense (vergeleke met kinders van dieselfde ouderdom, geslag en gemiddelde intelligensie) is, ten opsigte van: emosionele stabiliteit, veranderlikheid (die vermoë om konstant op dieselfde impulse te reageer), terugvoertyd (die tyd wat dit die kind neem om op ‘n bepaalde impuls te reageer), impulsiwiteit (die kind antisipeer en handel dalk net te gou om akkuraat te kan word, konsentrasie (algehele vermoë om aandag te gee), akkuraatheid en CDC (hoe ver die kind se konsentrasievermoë afwyk van die norm.
Die TESCA-toets is uiters akkuraat in die bepaling van hierdie veranderlikes en dus die brein se vermoë om te konsentreer soos daarvan verwag word.
Hierdie terapie het al wonderlike resultate getoon in die behandeling van ADD & ADHD, stres, outisme, fokus, konsentrasie, leerprobleme, disleksie, migraine, depressie, slapeloosheid, demensia en Alzheimers.
Die program sluit ook Wiskunde, Engels, Afrikaans, Lees en Lewensoriëntering in. Hierdie program word onderskryf deur die Gautengse Departement van Onderwys en waarborg verbetering in lees, Wiskunde en algemene taalvaardigheid.
Kontak Dalinda Greyling by 076 0399990 of e-pos dalinda@braingain.co.za. Ontvang ‘n gratis breinprofiel met die toon van hierdie promosie artikel.
Dalinda Greyling, neuroterugvoeringsterapeut van Brain Gain.


