PRETORIA – Leerders van Laerskool Platina te Swartklip het die afgelope vakansie aan die Suid-Afrikaanse Talent Kampioenskappe (SATCH) te Vodadome Sentrum, Midrand deelgeneem.
Die skool is trots op hul leerders, asook die oud-leerders wat tans in HFM is wat met heelwat medaljes teruggekeer het.
Hul prestasies is as volg: Kuno Joubert (Gr 3) ontvang vier silwer medaljes, Kate van der Walt (Gr 3) ontvang drie silwer en een brons medalje, Jurie Blignaut (Gr 4) ontvang drie goud en een silwer medalje, Yvette Potgieter (Gr 7) ontvang een goud en agt silwer medaljes, Chanté Joubert (Gr 7) ontvang ses goud en vier silwer medaljes, Nadine Dreyer (Gr 10) ontvang een goud en vier silwer medaljes en Lindsay Nigrini (Gr 11) ontvang vier silwer medaljes.
Hulle bedank graag me Ann Jordaan en me Debbie van den Heever wat hulle afgerig het. Me Debbie van den Heever het ook deelgeneem en verwerf twee goue, nege silwer en een brons medalje.
Laerskool Platina is ook baie trots op Lindsay Nigrini, wat Saterdag 6 Julie aan die finale rondte van Antonie Bougas se program “Solis vir Christus” in Kempton Park deelgedring het.
Sy het deurgegaan na die finale rondte en is gekies as een van die Top Tien finaliste. Laerskool Platina is trots op die groot prestasie en wens haar hartlik geluk.
Die Laerskool-groep, voor vlnr: Chanté Joubert, Jurie Blignaut, Kuno Joubert, Kate van der Walt. Agter: Debbie van den Heever (afrigter), Ann Jordaan (afrigter) en Yvette Potgieter.

