Community

Gif vir katte

Ons lesers skryf:

Aan die persoon wat gif gegooi het oor die naweek in Steenbokstraat, die volgende:

Jy het daarin geslaag om drie rondloper katte te vergewe, veels geluk!

Dit was nou ‘n baie brawe ding om te doen.

Weet net , ek verag persone  wat so lafhartig optree. En omdat ek jou so verag, het ek op aanbeveling van die plaaslike veearts, ‘n klag by die SAPD gaan indien.

Nou moet jy net hoop die SAPD  identifiseer jou nie, want ek beplan om ‘n voorbeeld van jou te maak. Ek gaan jou tee vir jou roer, dis verseker. Weet net, ek kan nie wag nie!

Tinus van Rensburg.

014-7773022