Groot gholf by kleinspan-dag

THABAZIMBI – SmartBrain Kidz Kleuterskool het hul jaarlikse geborgde gholfdag op Saterdag 6 April by die plaaslike gholfbaan gehou.

Die hoofborg wat vanjaar pa gestaan het vir die kleutertjies se fondsinsamelings gholfdag, was Ghata Instrumentation. Die vierbal alliansie kompetisie het 100 gholfspelers na die baan gelok terwyl die kleuters van oortollige energie ontslae kon raak op die springkasteel en hul kele met heerlike ysroomysies kon afkoel.

Die wenners van die eerste drie plekke is: eersteplek – Gorden Lee Bell, Jurie Smit, Anton Potgieter, Stephen Hugo (108); tweedeplek: T Low, J Snyman, S Clark en C v Wyk (108) en in die derdeplek: L de Beer, S Denton, A Denton en L Vermeulen (107).

Daar was ook ‘n paar stalletjies waar die mammas oulike geskenkies kon aankoop. Anema Denton het gesorg vir die smaaklike worsbroodjies tydens middagete terwyl Isabelle Fouché reggestaan het voor die kospotte vir die vingerlek lekker skaappot-aandete.

SmartBrain Kidz Kleuterskool bedank al die borge, spelers en ondersteuners wat hierdie dag moontlik gemaak het, in besonders ook:

Gaatjies en pryse: Aludar, Bertie Joubert Eiendomme, BMG, Bronkies stene, Debby Lamprecht, Elsabe Stemmet, Ghata Instrumentation, Ingadi Maintenance, Koolstoof, Medhof Apteek, Nortix, Oasis, Phephisa Mining, Quatcon, Salon Catharina, Salon Classic Touch, Salon Cutting Edge, Shoprite, SJ Drilling, Soritzy Spa, Spar, Spur, Steers/Debonairs, Thaba Boog en Hengel, Thabazimbi Drankwinkel, Thabazimbi Glas, Thabazimbi Glas en Aluminium, Trekpad Safaris en Van Heerden Apteek. Kontant bydraes: Nici Morton, Jordaan Prinsloo en Davel, Estie Taljaard, Maxine Stander, Michael White en Marina van der Wateren.

Want to Receive Weekly Kwevoel Updates in Email?

We don’t spam! Read our privacy policy for more info.