Bietjie teer vir Rooiberg
Die voorsitter van Rooiberg Huiseienaarsvereniging Kampie Steenkamp staan en toekyk hoe munisipale werkers die hoofstraat van Rooiberg met teer vul. Steenkamp het die paar sakkies teer persent gekry. Die dorpie se teerstrate is geruim tyd ‘n bron van kommer gewees. Besoeke deur ‘n munisipale afvaardiging het ook geen oplossing gebied nie. Klagtes het op dowe ore geval. Waar teer tekort geskiet het is ‘n mengsel van beton en sement gebruik. Inwoners is dankbaar vir hierdie poging deur ‘n op-en-wakker voorsitter. Foto: Tobie Lombard