Community

Thabazimbi Munisipaliteit betaal steeds nie hulle skuld

Tobie Lombard

 

ROOIBERG: Thabazimbi Munisipaliteit het laat 2012 ‘n enkele bedrag van R200 000 oorbetaal aan mnr Christopher York, wat Rooiberg van water voorsien. Die aanvanklike uitstaande bedrag was R1 miljoen. Thabazimbi Munisipaliteit het geweier om in arbitrasie met York te gaan omrede hulle die helfte van die arbitrasie hof se kostes moet betaal.

Mnr. York het besluit dat hy wel die raad op eie koste na die arbitrasie hof sleep. Rooiberg is totaal en al afhanklik van hierdie waterbron. Verskeie ander ernstige probleme staar die munisipaliteit nou in die gesig. Dit is veral die rioolplaas wat reeds jare lank gebuk gaan onder stukkende toerusting.

Die voorsitter van die Rooiberg Huiseienaarsvereniging, mnr. Kampie Steenkamp het die rioolplaas vroeër die week besoek en hy het totale chaos daar gevind. Nie een van die verskeie elektriese motors is in ‘n werkende toestand nie. Die Munisipaliteit is veronderstel om ‘n bystand elektriese motor aan die werkers te voorsien. Dit is nog nooit gedoen nie. ‘n Epidemie is tydelik gekeer toe daar twee chloorgas by die rioolplaas installeer is.

Steenkamp het aan Die Kwêvoël gesê dat sou die elektriese pompmotor op York se plaas breek sal die dorp sonder water wees. Ander ernstige probleme wat Rooiberg Inwoners Vereniging in die gesig staar is die swak toestand wat die dorp se paaie aanbetref. Wit lyne by stoptekens is reeds lankal verdof en is nie meer sigbaar nie.

‘n Storm het ‘n lamppaal omgewaai. Die swart werkers van die Thabazimbi Munisipaliteit op Rooiberg doen hulle bes om die infrastruktuur in ‘n werkende toestand te hou maar hulle kry geen hulp vanaf Thabazimbi Munisipaliteit nie. Thabazimbi Munisipaliteit het tot datum slegs een betaling aan die dorp se waterverskaffer betaal. York neem nou Thabazimbi Munisipaliteit na die Arbitrasiehof. Die waterverskaffer het nog geen besluit geneem of hy die dorp se water lewering gaan staak aldan nie.

Mnr. Neels du Preez, Vryheidsfront+ raadslid by Thabazimbi Munisipaliteit, het reeds in November 2012 onderneem om ‘n vergadering met Thabazimbi Munisipaliteit te hou oor die bystand waterpomp wat hulle volgens kontrak aan die dorp moet voorsien. Geen terugvoering oor die aangeleentheid is ontvang nie.

Die bestuursbeplan is om die komende jaarvergadering sekere wysigings aan die Grondwet voor te stel sodat alle inwoners, (huurders en eienaars) lidmaatskap kan bekom. Die vereniging se bankrekening is nou op die nuwe bestuur se naam oorgedra. Die bestuur doen ‘n ernstige beroep op die inwoners om hulle lidmaatskap fooi wat R100.00 per beloop te betaal. Die fondse is broodnodig vir die vereniging se lopende uitgawes waardeur u ook baat sal vind. Sonder fondse is hulle hande afgekap het Steenkamp gesê.

Die reaksie van Thabazimbi Munisipaliteit se kant op Rooiberg Inwoners Vereniging se talle klagtes en navrae is presies nul. Die e-pos wat ek meer as twee maande gelede aan die burgemeester gaan nou in Die Kwêvoël publiseer word. Word infrastruktuur probleme aangemeld word daar net gesê, “Daar is nie geld nie”

Suster Corné Nel, bekende en beminde verpleegsusters by die plaaslike kliniek verlaat einde die maand. Graag bedank die inwoners haar vir haar waardetoevoeging tot Rooiberg. Voorts het die vereniging saam met die SAP by Omgewingsake uitgeklaar dat rondloper bobbejane wat aggressief is, geskiet mag word. Die probleem bobbejane moet egter by die polisie aangemeld word.

Bavaria het laat weet dat die organisasie wat brandbestryding hanteer – Working On Fire – hulle opleiding in die Waterberg kom doen. Die kursus sal een week duur.

07-Rooiberg teerpadRooiberg se teerpaaie.