Dwelmverslawing: Deel 2: Tekens van dwelmverslawing
Dit is belangrik om te verstaan dat ‘n verslaafde se brein “ gerewired” word. Nuwe konneksies in die brein word gevorm as gevolg van verslawing. Dit word as ‘n mediese kondisie beskou. Gedrag verander agv die verandering in die brein. Verslawing is ‘n siekte. Gedrag is dus die gevolg van die siekte. Wat is simptome van ontrekking? Spierpyne, koue sweet, naarheid, Hallisinasies en fit. Dit is die liggaam se oorlewings meganisme. Verslaawdes moet weer dwelms gebruik om ontrekking te voorkom.
Die tekens en simptome van dwelmmisbruik stem baie ooreen met die normale veranderinge en gedragskommelinge van die tienerjare. Raadpleeg aItyd ? professionele persoon as daar enige twyfel bestaan.’n Uiterste maar wetenskaplike metode om vas te stel of jou kind dwelms gebruik is om n urinetoets te laat doen. Tekens van dwelm gebruik: Skielike onverklaarbare gemoedskommelinge, nie-kenmerkende prikkelbaarheid en aggressie, aptytverlies, verlies aan belangstelling in sport, stokperdjies en vriende, afname in skoolpunte, aanvalle van lomerigheid en slapeloosheid afwisselend met onnatuurlike energie en stamina, leuens, onverklaarbare verdwyning van geld en waardevolle artikels uit die huis, ongewone reuke, vlekke of merke aan die liggaam en klere (Geel of bruin vlekke aan hande), rooi geswolle oë, velirritasies, veranderinge in vriendekring en vaagheid wanneer uitgevra word of verandering na “alleenloper”, onttrekking van gesinslewe, verlies aan selfrespek, higiëne versleg, volgehoue siektes en of snuif snuif en gereedlde verkoue simptome, het altyd geld sonder ‘n inkomste, onnatuurlike lus vir soetigheid, koördinasie probleme, vertraagde reaksies, onverklaarbare angs en paniek, geheueverlies, onnatuurlike praterigheid, verkleinde of vergrote pupille en gereelde diaree of hardlywigheid. Fisiese getuienis: teenwoordigheid van gebreekte bottels pype, papiere waarin dagga toegedraai word soos tydskrif of koerant, foelie of blink papier waarin iets toegedraai was soos rolletjies lekkers, spuitnaalde of afbindtoue, gebuigde lepels of swart gebrande lepels, spuitnaald merke aan liggaam, metaal pypies soos afgebreekte atennas, onbekende pitjies blare en takkies.
Deur Daleen Venter, Pastorale Berader, kontaknommer 0825521283. Verwysing: Deur Trauma Maretha Maartens en Danie van der Merwe – Medikus.