Northam VLU hou Jaarafsluiting

SWARTKLIP – Die dames van Northam VLU het op 22 November hul jaarafsluiting by die swembad te Swartklip gehou.

Na afloop van enkele huishoudelike sake is daar heerlik gesmul, waarna punte toegeken is vir die dames wat huiswerk ingehandig het. Daarna het almal hul swemklere gaan  aantrek en is daar tussen speletjies deur, afgekoel (en afgespoel!) in die swembad.

Northam VLU beoog om hul werksaamhede te hervat met hul eerste vergadering op 10 Januarie 2013 te Swartklip. Vir meer inligting aangaande Northam VLU, skakel of sms Mari Meintjes te 082 086 4915.

VLU-dames wat die DLU se Algemene Raadsvergadering op 13 November te Northam bygewoon het, vlnr: Elize vd Westhuizen, Angela Potgieter, Mari en Amanda Meintjes.