Een van die hoofredes dat Phenylbutazone(PBZ) verban word in voedsel produserende diere is die negatiewe effek wat dit in mense kan hê.
PBZ veroorsaak leukemia en beenmurg onderdrukking in mense. Die kanse om blaas kanker te ontwikkel is ook groter as PBZ ingeneem word.
Daar is ook talle newe effekte wat PBZ in diere het.
Daar is ander “Non -steroidal anti-inflammatrory drugs” (NSAID’s) wat net so effektief is, maar veiliger is vir mens en dier.
PBZ veroorsaak leukopenia (vermindering van witbloedselle) in honde, perde en beeste. Nierskade is ookal gemeen (veral in perde. In perde affekteer dit die kolon en kan ly tot ulserasie en protein (albumien) verlies in die derm in.
Perde: Die aanbevole dosis vir perde wat nie as voedsels al gebruik word nie is 2.2 mg/kg/dag.
Die dosis vir Equipalazone vir ‘n 450 kg perd is aanbeveel as Dag 1: 1 sakkie (1g) 2 x per dag (op ‘n leë maag), Dag 2-4: 1 sakkie 1x per dag en daarna 1 sakkie elke tweede dag.
Beeste en skape: Die algemeenste gebruik in beeste en skape is in voerkrale as hulle longontsteking kry.
PBZ bly tot enige iets van 18-65 ure in die bloed. In spiere en lewer kan dit egter tot 56 dae voorkom. (Teen ‘n dosis van 5 mg/kg) ‘n Verhoogde dosis kan dus nog hoër vlakke in vleis veroorsaak.
In Amerika word PBZ verban in melkbeeste oor 20 maande en in vleisbeeste.
As gevolg van die newe-effekte in mense word die gebruik van Phenylbutazoon in Suid-Afrika verbied in voedselproduserende diere.
– Dr. Minette Nel (BVSc). Bron: Phenylbutazone in Veterinary Practice, Vetnews Dr Kenneth Joubert, Dr Hans J.P Coetzee, Dr Willem A. Schultheiss.
