Community

Northam VLU plant spekbome

THABAZIMBI –  Die dames van Northam VLU het op Donderdag 13 September 2012 by Touch Restaurant byeengekom vir hul 228e vergadering.

Vermeldings het ingesluit René Laas wat ouma geword het en Annatjie Dreyer wat haar enkel gekraak het, en nou in gips is. Die dames is ook ingelig aangaande ‘n Huletts en ‘n Moirs Kompetisie waarin heelwat pryse gewen kan word.

Mari Meintjes het vir elkeen ‘n Spekboom en sakkie beesmis uitgedeel om te plant. September is Boomplantmaand en die Spekboom (Portulacaria Afra) is ideaal om aan te plant, aangesien dit die Koolstofwonderplant genoem word. Dis ‘n inheemse boom en oorleef op min water. Die Spekboom voorsien nektar vir bye, is gehard, kan aangewend word vir ‘n heining, is immergroen en kan erosie beperk. Dit groei vinnig, meer as 60cm per jaar, en word 2 – 2.5m hoog. Die blare is eetbaar en kan in slaai gebruik word.

Northam VLU beplan om hul laaste vergadering voor die afsluiting vir die jaar op 2 Oktober te Swartklip te hou. Dit sal gepaard gaan met ‘n Fleur de Lis vergadering en Helpende Hand vergadering. Heelwat kaartjies vir die Fleur de Lis Vrouedag wat vir 20 Oktober beplan word, is nog beskikbaar. Vir meer inligting aangaande bogenoemde, kontak Mari Meintjes 082 086 4915.

Die dames gaan Spekbome plant.