Community

Bosveld verloor jong man

THABAZIMBI – Jacobus Petrus Annandale, oftewel Cobus soos sy geliefdes hom geken het, is op Saterdag 15 September oorlede.

Cobus (19) was die seun van Peet en Valerie Annandale, en broer van Claudette. Hy is in Brits gebore en het sy skoolloopbaan in Laerskool Skeerpoort begin. Daarna is hy na Hoërskool Wagpos en het in HFM gematrikuleer.

Na skool was hy vir ‘n kort periode by Charl se Plumbing Alpha & Omega werksaam. Hy het graag geteken en het ‘n aanleg vir selfoon herstel en bedrading van voertuie gehad.

Cobus se begrafnis vind plaas op Maandag om 10:00 vanuit die AGS Kerk.

Sy familie bedank graag vir Doves vir hul professionele diens, ook sy vriende en familie wat hom geken het en vir hom lief was. ‘n Spesiale dank aan Linda van der Merwe, Jan en Frikkie vir hul bystand in hierdie donker tyd asook Henk Havenga, die speurafdeling, die Unie, Valerie se suster asook die Kwêvoël.

Cobus Annandale.