Community

Slagos kompetisie by Skou

THABAZIMBI – ‘n Groot geleentheid vir Beesboere in die omgewing is die Slagos Kompetisie wat tydens die Thabazimbi Landbou- en Nywerheidskou aangebied word.

Honderd en vier diere is ingeskryf in ‘n kategorie vir Voerosse en vir die eerste keer ook in die kategorie vir Veldosse.

Alle boere word uitgenooi om die kompetisie te kom beleef, naamlik:

Woensdagoggend 25 Julie om 10:00 by die abattoir word die beoordeling op die hoef gedoen met lesings en verduidelikings deur die bekende mnr Malcolm Moody. Vrae sal beantwoord word ten opsigte van die uiterlike voorkoms van die ideale veldos en voeros en proses wat die bedryf vereis.

Op Vrydag 27 Julie is die beoordeling aan die haak om 10:00 by die slagpale deur SAMIC.

Dan word die wen karkasse bespreek en lesings gegee ten opsigte van gradering en vleisgehalte deur die Vleisraad.

Alle boere kan baie leer deur 25 en 27 Julie by die slagpale te wees. Om hierdie insiggewende uitstalling te beleef en te waardeer.