VLU, Helpende Hand en Fleur de Lis hou vergadering

Solidariteit Helpende Hand Hoofkantoor besoek Northamtak. Agter vlnr: Marianthie vd Walt-Streeksorganiseerder Limpopo en Noordwes, Annatjie Dreyer-Voorsitster Fleur de Lis Komitee, Monica Annandale-Sekretaresse Thabazimbi Helpende Hand, Rene Laas- Ondervoorsitster en Tesourier Northam Helpende Hand, Mari Meintjes- Voorsitster Northam Helpende Hand en Christine Breet- Hoofkantoor Helpende Hand. Voor vlnr: Dr Danie Brink- Uitvoerende Hoof Solidariteit Helpende Hand en Ziegfried van Huyssteen- Bestuurder Takke.

KAMEELHOEK – Northam VLU het op 24 Mei hul 224ste vergadering te Kameelhoek gehou.

Sake wat indringend bespreek is, is die voorgenome resepteboek wat Northam VLU beplan om in Oktober bekend te stel, asook die groot verskeidenheid bome wat hul beoog om in die lente te plant.

Prysuitdeling is ook gedoen. Die afgelope week is gekenmerk deur vergaderings waar Northam VLU hul Helpende Hand-Projekte, asook die Fleur de Lis- Vrouedag bespreek het.

Tydens die vergadering van 22 Mei te Northam, het die dames besoek ontvang van Solidariteit Helpende Hand Hoofkantoor. Northam Helpende Hand, asook Thabazimbi Helpende Hand is baie trots om vanjaar elk ‘n beursfonds te stig met die opbrengs van die Fleur de Lis-Vrouedag 2011.

Kaartjies vir die Fleur de Lis-Vrouedag 2012 is reeds beskikbaar. Dit sal plaasvind op Saterdag 20 Oktober 2012 te Thabazimbi. Vir meer inligting aangaande enige van bogenoemde organisasies, of om ‘n kaartjie te bekom, skakel of sms Mari Meintjes 0820864915.