THABAZIMBI – Die Limpopo Boogskiet Liga vind more, Saterdag 28 April te Koos Cronje Skietbaan plaas.
Dié liga word jaarliks deur Thabazimbi Boogklub aangebied en geskied tydens die jaarlikse Thabazimbi Wildsfees. Ieder en elk is welkom om die dag saam te geniet.
Kom meet bietjie jou Boogskiet vernuf teen dié van SA Kampioene en Protea Skuts.
Twee lede van Thabazimbi Boogklub het ook reeds hul Nasionale kleure verwerf.
Registrasie vind vanaf 07:30 tot 08:30 plaas waarna die verwelkoming en baanuitleg deur Leon J v Vuuren, Thabazimbi Boogklub se voorsitter plaasvind. Die eerste pyl word om 09:00 geskiet.
Die verskillende klasse waarin gekompeteer word is Tradisioneel, Bowhunter – Rangefinder, Bowhunter – Beginner, Cub/Junior/Senior/Veteraan, Bowhunter – Sanifaa/Bowhunter Freestyle en Limpopo Skole Liga asook “Special” en “Handicapped”. Alle skuts is welkom. Inskrywings beloop R60 vir Cubs en R110 vir die res. R10 per
inskrywing gaan aan Limpopo Liga. ‘Funshoots’ is ook gereël. Verskeie waterpunte sal ook geallokeer word.
‘n Beker Boeretroos sal van vroegdag beskikbaar wees asook verversings wat te koop aangebied gaan word in die Klubhuis. Die Rugby kan ook later by die Klubhuis gevolg word.
Vir enige verdere navrae of padaanwysings kontak Desré by 084 548 0544. Die skuts van Thabazimbi Boogklub kom elke Donderdagaand byeen vanaf 18:00 – 20:00 te Koos Cronje Skietbaan. Almal is welkom om by die klub aan te sluit en om hierdie sport sodoende te bevorder.
