Stoeiers by TUKS

Gerhard Snyman behaal twee eersteplekke in die Tuks Ope.

PRETORIA – Stoeiers van Thabazimbi het verlede Saterdag 24 Maart aan die Tuks-ope te Pretoria deelgeneem. Die uitslae is as volg:

O/13 33-36kg: Gerhard Snyman (eersteplek) en Ruan Geldenhuys (tweedeplek). O/13 46-50kg: Duncan Loubser (vierdeplek). Presidente O/13 46-50kg: Duncan Loubser (vierdeplek). Presidente 33-36kg: Gerhard Snyman (eersteplek). Dames 50-54kg: Michelle Snyman (tweedeplek). Die volgende stoeiers het sertifikate ontvang vir LTAD (Long Term Athlete Development): O/10 – Stefan Geldenhuys, O/11 – Juandre Barnard, Louis Trichardt en Jovan Barkhuizen.