Gr 3’s besoek tronk

Konstabel Karlien Greeff leer die Gr 3’s die Polisie noodnommer.

THABAZIMBI – Laerskool Thabazimbi se Gr 3 kurrikulum vereis dat die leerders ‘n polisiestasie moet besoek, en daarby saam, die donker tronk waar slegs misdadigers tuisgaan.

Die leerders het hul op Woensdagoggend 7 Maart in die gevangenisselle van Thabazimbi korrektiewe dienste bevind en alhoewel sommige bietjie benoud geraak het, het ander die boeie en koeëlvaste baadjies baie leersaam gevind.