THABAZIMBI-Thabang kinders word bederf by Madame et Monsieur

Thabang se meisies met hulle besoek by Madame et Monsieur. Vlnr: Freda (Huismoeder van Thabang), Christina, Duduzile en Gladys. In die middel is Tshegofatso links en Johanna regs. Agter lnr: Lesego, Thandiwe, Rose, Johanna en Maria.

Freda, die huismoeder van Thabang,  het vir Thelma Oberholzer genader om ‘n praatjie te lewer vir tien meisies tussen die ouderdom van 9 tot 17 jaar van Thabang.  Thelma is ‘n suster by die Platinum Health dokters in Thabazimbi.  Estie van der Westhuizen van Madame et Monsieur het goedgunstiglik ingestem om dit by haar salon te hou en terselfdertyd die meisies ‘n bietjie te bederf.  Die praatjie het gehandel oor gesondheid, persoonlike higiëne, geboorte beperking, HIV en seksuele oordraagbare siektes.  Die jonge dames was Maandag, 5 Desember 2011 bederf met verversings en elkeen het ‘n vol stel gel op hulle naels gekry met “nail art”.  Die meisies het dit terdeë geniet.  Estie en Charlotte van Madame et Monsieur word hartlik bedank.

Want to Receive Weekly Kwevoel Updates in Email?

We don’t spam! Read our privacy policy for more info.