Geskenkies vir 80-jariges

Soon de Clercq

THABAZIMBI – Die NG Gemeente het vir bejaardes bo 80 jaar op 17 November geskenkpakkies afgelewer.

Elke geskenkpakkie is geborg deur die NG Kerk, asook Suikerbekkie wat die lekkergoed geskenk het, Yvonne Becker wat die vrugtekoeke jaarliks skenk, Bessie du Toit vir die vrugtesap en vrugtetertjies, Vivienne Mackensie van Spur vir ‘n geskenkbewys en ander skenkers. Die NG Kerk bedank almal vir hul bydrae en weet dat die Senior lidmate van die gemeente dit regtig waardeer.