Ekstra vertoning vir Boney M

Laatslapers het nog kans om Boney M se Kersfeeskonsert te sien op 18 Desember vir die ekstra vertoning by Carnival City. Daar mag dalk ook nog kaartjies beskikbaar wees vir die Sun City vertoning op 16 Desember. Bespreek sommer nou.

BONEY M toer Suid-Afrika van 16 tot 20 Desember as deel van hulle BONEY M CHRISTMAS SPECIAL WORLD TOUR. Die konsert by Carnival City op 17 Desember is reeds uitverkoop. Die goeie nuus is egter dat Lefra Produksies en Carnival City besluit het om ‘n ekstra vertoning te skeduleer op Sondagmiddag, 18 Desember om 15:00 by Carnival City se Big Top Arena.

BONEY M, nog met Liz Mitchell as hoofsangeres, is nog steeds ‘n fenomenale verskynsel wat wêreldwyd massagehore trek. “Dit is voorwaar ‘n eer vir Lefra Produksies om BONEY M se Spesiale Kersaanbieding hierdie jaar in Suid-Afrika aan te bied”, sê Frans Swart, HUB van Lefra Produksies. “Ons het ‘n paar jaar gelede al met BONEY M se bestuur begin onderhandel om hulle – en veral hulle Spesiale Kersaanbieding – na Suid-Afrika te bring.

BONEY M is ook baie bekend vir hulle wonderlike Kersmusiek, en in Desembermaande kan die Kersliedjies van BONEY M altyd oral gehoor word. En dit is waarom Lefra Produksies besluit het om BONEY M hierdie jaar Suid-Afrika toe te bring vir hulle SPESIALE BONEY M KERSAANBIEDING. BONEY M sal van 16 tot 20 Desember in die land wees, en sal net 4 groot konserte aanbied, naamlik:

18 Desember – Carnival City (Johannesburg/Brakpan) – Big Top Arena (Ekstra vertoning)

20 Desember – GrandWest (Kaapstad) – Grand Arena.

Besprekings by Computicket (011) 340 8000 of www.computicket.com Groepe meer as 10 @ afslagpryse – kontak Zena by (011) 815 3000 of epos aan info@lefra.com  Meer inligting beskikbaar by www.boneym.co.za.