3 Hokkiespelers verkies tot oefengroep

Stephanie Robbertse, Shelly Branders en Tiffany Robbertse is verkies tot die O/13 Limpopo Hokkie oefengroep.

MAKOPPA – Drie hokkiespelers van Laerskool Van Wykskraal is met die hokkieproewe op Vrydag 21 Oktober te Pietersburg verkies tot die O/13 Limpopo oefengroep.

Die oefengroep is vir die volgende jaar se toernooie en op hierdie stadium is die A en B span nog nie aangewys nie, die leerlinge sal eers in volgende jaar nadat ‘n paar oefeninge plaasgevind het, weet of hulle in die A of B span is. Die skool is baie trots op die dogters wat so ‘n uitstekende hokkie seisoen agter die rug het.

Want to Receive Weekly Kwevoel Updates in Email?

We don’t spam! Read our privacy policy for more info.