
Northam – Northam Boere Vereniging se jaarlikse Vetveeveiling was gehou op Woensdag 18 Augustus 2010. Dries Wolmarans van Vleissentraal, was die afslaer vir die veiling en Ockie Goosen is die area agent van Vleissentraal. Edward Holloway van Nama O Rama van Northam, was een van die wenners van die spesiale 10 jaar KWV en Erich Herholdt het verskeie pryse gewen.
Obaro, Wes Enterprises en Voermol was die borge. Malcolm Moody van Voermol het as beoordelaar van die Vee opgetree. ‘n Suksesvolle dag is deur kopers en verkopers moontlik gemaak. Die Northam Boerevereniging bedank almal wat betrokke was by die geleentheid en spreek ook hulle dank uit vir die heerlike verversings wat beskikbaar was gedurende die veiling. Die foto’s is geneem deur Alicea Steynberg.

