Matriek-res fondsinsameling

Die lawwe groep wat dit ‘n spanpoging gemaak het om soveel geld moontlik in te samel vir die matrieks van 2010. Hier volg die name van die leerlinge wat op die foto verskyn. Geraldine, Anneke, D.J., Tania, Roelene, Ockert, Arna, Tessa, Madelein, Corrie, Mari, Marisa, Sasha, Anthonie en J.P.

THABAZIMBI – Die graad 11 leerlinge van Hoërskool Frikkie Meyer 2010, het Vrydagaand 6 Augustus tydens die Matriek-Res wedstryd, blik geskud om vir die Matriek afskeid, vir die jaar fondse in te samel. Hierdie insameling kon slegs plaasvind gedurende die pouse van om en by 10 minute tussen die meisies en seuns se spel. Die maksimum aandag moes dus getrek word en vir hierdie doel het hulle so interessant as moontlik aangetrek. Dié gedagte toe gewerk en binne daardie tien minute het hulle amper R4000 ingesamel vir die Matriek afskeid. Die foto’s spreek vanself.