Lede van Rhino Ringbal Klub kry span vir Noordwes Oos Unie

THABAZIMBI- Lede van Rhino Ringbal Klub het op 31 Julie 2010 aan die Provinsiale Ringbal proewe deel geneem. Die 8 genomineerde spelers het almal in hul onderskeie ouderdomsgroepe span gekry vir Noordwes Oos Unie. Hulle gaan aan die Nasionale Ringbal Toernooi deelneem te Nelspruit vanaf 26 September 2010 tot 2 Oktober 2010. Elize van Niekerk is gekies as span bestuurder vir die Provinsiale Veterane Mans A-span wat ook aan die toernooi gaan deelneem. Sterkte en beste wense word vir Rhino Klub se juniors toegewens wie op 14 Augustus 2010 aan die Provinsiale Proewe gaan deelneem. “Julle is die beste!”