EntertainmentTop Stories

Bushveld Babes maak weer so

LEEUPOORT – Dit is weer tyd vir Kabaret in die Bosveld.  Die bekende groep van Leeupoort Vakansiedorp, Bushveld Babes, se jaarlikse Kabaret vertoning vind plaas op 28 Augustus 2010.  Dit word gehou te Blinkwater Lodge en begin 19:00. Kaartjies is beskikbaar teen R70 per persoon ensluit die ete in.

Dit beloof om weereens ‘n aand van glinster, prag en praal te wees.  Baie musiek en dans is op die spyskaart.  Die Bushveld Babes, bestaande uit ‘n groep van 13 dames, gaan agt verskillende danse lewer.  Dan is daar ook die Bushveld Boys en die Sweety Pies op die dans-spyskaart.  Om verder glans aan die aand te verleen word ‘n Cha-Cha en Rumba aangebied.  Drie Tap-danse sal aangebied word deur twee junior S.A. dansers.

Fondse wat ingesamel word met die verkoop van die kaartjies gaan hierdie jaar aan:  Die Leeupoort Bestuursliggaam en aan Die Roofvoël Bewaria.

Maak seker dat u nie hierdie glansaand misloop nie.  Kaartjies moet vooraf bespreek word.  Kontak Marilyn by 0828574399 of Annetjie 0834425448 om teleurstelling te voorkom.