THABAZIMBI – Pro Bow Boogklub het op Saterdag 31 Julie, weer ‘n SABA (South African Bow Hunters Assosiation) kompetisie bygewoon te Magnum Archery, Donkerhoek Pretoria. {SABA is nou amptelik geaffilieer by meer as 20 organisasies van die “European Bow Hunting Federation” (EBF)}
Die deelnemers het al vanaf 07:00 begin pyle losmaak om bietjie van die koue te verdryf. Die baan het hierdie keer gewissel van bos, moeraswoud, dam tot vlaktes. Die aanvanklike “maklike” baan, het heelwat vernuf van die skuts geverg, hout is daar gekap, en pyle is daar verloor. Almal is dit eens dat dit ‘n dag vol avontuur was en dat elkeen waardevolle ondervinding opgedoen het. Pro Bow Boogklub, Thabazimbi het met vyf medaljes weggestap, ses sertifikate vir 80% en hoër en twee medaljes vir die meeste hart skote van die dag, wat weereens die meeste toekennings per klub vir die dag was.
Twee Juniors van Pro Bow Boogklub, Thabazimbi, nl. Quintin Jansen van Vuuren en Jaco Swanepoel het vir die opwinding en naelbyt oomblik van die dag gesorg. Beide die twee skuts het 100% geskiet en gespog met 11 hart skote elk. Daar moes ? uitskiet kompetisie gehou word tussen die twee, waarop Quintin die eerste plek verower het , en Jaco die tweede plek ingeneem het.
Die uitslae vir die dag is as volg:
Henk Engelbrecht ontvang ‘n sertifikaat vir 80% en hoër; Antoinette Hermann – tweede – Snr. Female – Broad head; Petro van Reenen – tweede – Snr. Female – Mechanicals; Renaldo Nortjé – Eerste, met nege hart skote – Jnr. Male – Mechanicals; Quintin Jansen van Vuuren – Eerste met 11 hart skote – Jnr. Male – Broad head (100%) en Jaco Swanepoel – Tweede met 11 hart skote – Jnr. Male – Broad head (100%). Beide Quintin en Jaco het die medalje ontvang vir die meeste hart skote van die dag.
Die volgende SABA kompetisie vind plaas op 11 September te Hornsnek, Pretoria. Die boogklub lede en vriende kom elke Donderdag aand vanaf 17:00 bymekaar vir skiet oefening en samesyn. Vir meer inligting skakel Henk Engelbrecht (0837073691), Hein Holtshauzen (0837013039) of Hannetjie Engelbrecht (0736749956). U hele gesin is welkom.
