Pretritte na Marakele Nasionale Park

Wildsbesigtigingsritte word daagliks aangebied vanaf die Thabazimbi Expo terrein teen ‘n koste van R140 per volwassene en R70 per kind. Maak gerus gebruik van hierdie geleentheid om die indrukwekkende verskeidenheid wild, voëls en plantegroei te besigtig teen die agtergrond van die asemrowende Waterberge. Vertrektye is 06:00 in die oggend en 16:00 in die middae en die rit duur 3 ure. Besprekings kan gedoen word by Marakele se stalletjie op die Expo terrein of by die ontvangstoonbank. Die besoekers wat hierdie ritte wil onderneem word by die Thabazimbi Expo terrein opgelaai. Dagbesoekers wat die park wil besoek om te gaan piekniek hou of na die uitkykpunt te gaan is welkom. Koste beloop R22 per persoon en die hekke open reeds om 07:00 en sluit om 18:00. Vir die geesdriftige stapper wat verkies om die natuur van naderby te beskou word daar daagliks begeleide toere deur Marakele se opgeleide toergidse aangebied. Hierdie drie uur lange staptoer begin reeds om 06:00 die oggend en beloop R180 per persoon. Vir meer inligting kan die stalletjie op die feesterrein besoek word of die kantore geskakel word by 014 7776929.