Boere kry nog meer vanaf WESVoere
THABAZIMBI – WESVoere, die Vee Voere afdeling van WESenterprises, is nog besig om die samestelling van sekere van hul Vee Voere te verbeter om sodoende die boere in staat te stel om voordeel te trek uit hul weivelde en om dit maksimaal te kan benut en terselfdertyd interne parasiete te behandel.
Mnr Willa Smit, direkteur van WESVoere verduidelik: “Ons het besluit om twee produkte genaamd Flaveco en Diatoms by ons reeks lekke asook sekere van ons Vee Voere te voeg om sodoende aan die boere ‘n voorsprong te gee met betrekking tot optimale Dieregesondheid. Flaveco wat deur Afrivet verskaf word, is ‘n aanvulling wat groei aanhelp, deurdat dit die aantal vesel verterende Mikrobes, genaamd Eubakterieë wat in die rumen van herkouers voorkom, verhoog, terwyl Diatoms help om interne parasiete te voorkom.”
WESVoere Thabazimbi verseker die boere dat hul altyd kan staatmaak op die beste kwaliteit produkte teen die beste pryse. Kontak gerus vir Willa Smit by 014 777 1330 vir meer inligting.