Ons lesers skryf – Ag sies man
Wilma Prinsloo
Nadat ek by een van die supermarkte moes vra vir vars ham, omdat die in die vertoonbank al oud, bruin en opgekrul was, bring die dame agter die toonbank, nuwe vars ham.
Haar hande was vol en aangesien sy nie ‘n handskoen(die higiëniese soort) aan die ander hand het nie, besluit sy toe om die dun deursigtige sakkie maar met haar mond oop te maak. Ek val amper flou van skok! Ag sies man wat het van ordentlike higiëniese kliëntediens geword?