Entertainment

Dana Winner besoek SA

Die gewilde minnesangeres, Dana Winner, besoek aanstaande maand weer Suid-Afrika. Winner het Suid-Afrika vir die eerste keer in 1998 besoek en sy sê sy het wilde diere, onder andere leeus, in die strate verwag. Sy het onlangs haar 40ste verjaarsdag gevier en het ‘n sesjarige dogtertjie, Chinouk. Haar man, Wilfred van Baelen het ‘n ateljee by hul huis.
Winner verras met ook ‘n paar country-liedjies op haar nuwe album. Op die album is daar ook twee Afrikaanse snitte, Stand van die maan en Die eerste dag -spesiaal vir haar aanhangers in Suid-Afrika geskryf en opgeneem.
Winner se toerprogram in Suid-Afrika is as volg: 11 Februarie by die Big Top Arena, Carnival City te Brakpan; 13 Februarie by Blue Moon te Nelspruit; 14 Februarie by die Amfiteater te Pretoria; 16 Februarie, Durban-uitstalsentrum, Durban; 18 Februarie, Internasionale konvensiesentrum, Kaapstad en 20 Februarie, Sand du Plessisteater, Bloemfontein.
Besprekings kan gedoen word by www.frontrowevents.co.za of skakel (012) 808 1008.