Sit ‘n stokkie voor rotte-kaskenades
Rotte en muise is landwyd besig om hul winterverblyf uit te soek op die plekke waar hulle juis die minste welkom is – huise en tuine.
Knaagdiere is tussen April en Augustus ‘n algemene verskynsel in beboude gebiede. Met die aankoms van die koue weer is daar ‘n afname in hul natuurlike voedselvoorrade en hulle het besef dat enige gebied waar daar mense woon, ‘n geredelike alternatiewe spens bied.
Afgesien daarvan dat rotte daagliks die ekwivalent van 10% van hul liggaamsmassa in voedsel verorber (by muise is dit 20%), besoedel hulle voedselvoorrade en die omgewing met hul hare, urine en ontlasting.
“Benewens die gesondheidsgevare wat hulle meebring, is rotte en muise ‘n bron van irritasie, veral wanneer hulle byvoorbeeld in stoorplekke of opgerolde matte en tussen afvalpapier nesskop. Stapels hout in die tuin is ‘n ander gewilde nesplek en hulle skuil ook graag onder die enjinkappe van geparkeerde voertuie,” sê Kent Coetzee, tegniese adviseur van Efekto, vervaardigers en verspreiders van, knaapdierlokaas, tuinvoeding- en plantbeskermingsprodukte.
Hy beveel knaagdierlokaas aan as ‘n doeltreffende teenvoeter vir rotte en muise.
“Hedendaagse lokaasprodukte is baie meer gevorderd as dié wat tien of selfs vyf jaar gelede gebruik is. Meeste van hulle is aangepas om die moontlikheid van toevallige inname deur mense of troeteldiere, voëls en ander nie-teiken diere drasties te verminder.”
Daar is selfs natuurlike produkte soos Efekto Eco Mouse (Regnr. L6725) en Efekto Eco Rat (Regnr. L6724). Hulle bevat alfa-sellulose en word in korrelformaat as ‘n voedselbron gebruik. Die aktiewe bestanddeel “verstop” as ‘t ware die knaagdiere se verteringstelsel, maar het geen uitwerking op ander diere, voëls of mense nie.
Chemiese lokaas vir knaagdiere bevat gewoonlik ‘n teenbloedstollingsmiddel, wat die dier se vermoë om vitamien K te benut, aantas. Vitamien K word veral vir bloedstolling benodig. Knaagdiere vrek sowat vier dae nadat hulle ‘n dodelike dosis lokaas ingeneem het. Dit is soms nodig om die neersit van blokkie- en vloeistof-lokaas drie of vier keer te herhaal.
Die Supa-Kill reeks bied ‘n keuse uit saamgeperste lokaasblokkies, geïmpregneerde graankorrels (ideaal vir gebiede waar voedselbronne skaars is) en ‘n vloeistofkonsentraat (vir gebruik waar voedselbronne, bv. hondekorrels, volop is). ‘n Spesiale toedieningshouer vergemaklik gebruik van die vloeistof-lokaas.
Daar is ook ‘n spesiaal-ontwerpte, peutervrye en sluitbare Supa-Kill lokaasstasie met afskortings waar aldrie lokaasformulasies individueel of saam gebruik kan word. Die lokaasstasie is geskik vir huis- en tuingebruik, asook op groot skaal by boerdery- en nywerheidspersele.
Efekto Storm (Regnr. L4093) is ‘n gereed-vir-gebruik lokaas met ‘n graanbasis en ‘n wasomhulsel wat dit bestand teen vog en klammigheid maak. Daarby het dit ‘n blou kleur om dit onaantreklik vir voëls te maak en dus toevallige inname te beperk.
Efekto-knaagdierlokaas is beskikbaar by hardeware winkels, kwekerye, kleinhandelaars en landboumaatskappye (koöperasies).
Vir nadere inligting, besoek die webtuiste www.efekto.co.za.