EntertainmentFeatured

Rocco de Villiers – ʼn Bekoorlike Eerste vir die Nuwe Jaar by die KunsteGrot

Wanneer jy praat van Thabazimbi, die KunsteGrot en Rocco de Villiers kan jy maar weet dat Rocco de Villiers is altyd eerste daar vir die KusnteGrot soos sy optrede op 1 Maart 2024 dan ook van gaan getuig.

Tydens sy vorige vertoning was hy die eerste kunstenaar om in die KunsteGrot te kom optree toe die smoorende Covid-19 inperking gepoog het om die kusntebedryf dood te wurg. Rocco was dié een wat hierdie stilswye op Thabazimbi kom verbreek het toe hy op Saterdag 17 Oktober 2020, toe daar ʼn verslapping in die Covid inperkings gemaak is en beperkte gehore weereens by openbare optredes toegelaat is, gereed was om met sy beloofde Jim Muller Keurspel No 1 weg te val, soos hy tydens sy vorige optrede aldaar beloof het.

Rocco toor behoorlik met die klavier, nie net klassiek nie maar ook gewilde klavierstukke en immergroen treffers van Nico Carstens soos “Die Klokkiewals” en “Zambesi” en so word “Warm Snare” en “Lentewals” van Hansie Roodt Snr afgestof, blink gepoets en kry ’n nuwe huppel in die stap vir die 21ste eeu.
Hy speel ook sy eie treffers soos “Liewe Hemel Liewe Aarde”, “Kortbroek Langkouse” en “Nooit te laat”.
Rocco is altyd uniek uitgevat vir sy vertonings en was seker een van die eerste kunstenaars ter wëreld wat die rooi tapyt met ʼn kortbroek, en langkouse aangedurf het.
Sy aansteeklike humorsin gepaardgaande met klavierspel uit die boonste rakke maak Rocco de Villiers se vertoning iets wat jy eenvoudig nie mag misloop nie.

Merk solank Vrydag 1 Maart 2024 wanneer Rocco de Villiers om 19:00 by die KunsteGrot gaan optree. Bespreek solank jou kaartjies dat jy verseker is van jou sitplek en oortuig jou vriende en familie om ook die vertoning saam met jou te geniet en gesellig saam te kuier. Sorg maar dat jy reeds om 18:30 daar is sodat die vertoning stiptelik om 19:00 kan begin.

Kaartjies is reeds beskikbaar teen R200 per persoon en besprekings kan by 083 744 8559 gedoen word.

Kry gerus ‘n kinderoppasser vir die aand en geniet die meesterlike klavierspel soos net Rocco de Villiers ʼn klavier kan tokkel.

Bring gerus jou piekniekmandjie saam met jou eie lekker eet- en drinkgoed en geniet ‘n gesellige kuieraand saam met vriende en Rocco de Villiers.

Rocco de Villiers – Liewe Hemel, Liewe Aarde