KunsteGrot: Sopper vir Een skop gat met Dinner for One
Saterdag 25 November 2023 by die KunsteGrot – Thabazimbi
Moet nie hierdie briljante produksie, met ‘n eg Afrikaanse Kinkel, misloop nie.
Bespreek nou by 083 744 8559 en bespreek sommer nou jou kaartjie.
Teatergangers kan hulle maar reg hou vir die nuwe aanslag tot die bekende Dinner for One, ʼn ou gunsteling komedie skets, wat op Saterdag 25 November op die KunsteGrot se verhoog aangebied word.
Dinner for One word in baie lande wêreldwyd op Oujaarsdagaande op TV vertoon en vertel die verhaal van Miss Sophie en James, haar huiskneg (butler) tydens haar verjaarsdagete waar sy haar vriende onthaal – presies soos die vorige jaar.
In hierdie nuwe Afrikaanse verwerking van Sopper vir Een het Frans Swart, wat die regie waarneem, ‘n kinkel ingebring wat die storie ʼn nuwe wending gee met die manlike en vroulike akteurs wat die rolle van Miss Sophie en James om die beurt vertolk.
Elma Potgieter en Justin Strydom se vertolking van die twee karakters is iets wat jy nie moet misloop nie. Maak jouself reg vir ʼn lekker kuieraand, pak die piekniekmandjies en klink ʼn glasie saam met die verjaarsdaggaste.
Die vertoning is 18:30 vir 19:00 en kaartjies kos R200 per persoon terwyl pensioenarisse slegs R160 per persoon betaal.
Hierdie is maar net nog een van die puik Lefra produksies wat deur die KunsteGrot na Thabazimbi gebring word. Kom ervaar ons voorste Afrikaanse akteurs, wat jy net op die TV skerm sien, op Thabazimbi se eie Teaterverhoog. ʼn Geleentheid soos hierdie kry mens maar baie selde in jou lewe.
Gebruik hierdie kans wat aan jou gebied word en help om ons Afrikaanse kunstenaars te ondersteun. Hulle kom om jou te Vermaak en nooi jou om hul vertoning saam te geniet.
Besprekings kan gemaak word by Rita 083 744 8559. Bespreek nou en verseker dat dat hierdie geleentheid wat jou gebied word ook in die toekoms herhaal kan word.