EntertainmentFeatured

ATKV-KunsteGrot Kunste-Skryfkuns Kompetisie 2022

Inskrywings word ingewag vir vanjaar se Thabazimbi ATKV-KunsteGrot Kunste-Skryfkuns Kompetisie.

Hierdie kompetisie het gedurende die vorige jare baie veld gewen met verskeie wenners en naaswenners van buite die grense van Thabazimbi wat vir die kompetisie ingeskryf het.

Die paneel van onafhanklike beoordelaars wat deur die ATKV aangewys word lewer goeie opbouende kommentaar oor die inskrywings waardeur goeie riglyne gestel word op die werk wat die aspirant skrywers vir die kompetisie inskryf.

Inskrywings sluit 31 Augustus 2022, sit dus sommer dadelik skouer aan die wiel en begin skryf.

Die kompetisie word in twee kategorieë aangebied naamlik Afrikaanse Poësie en Kortkuns.

Voorsiening word gemaak vir drie afdelings:
Afdeling A – Laerskole (drie onderafdelings: Gr1 tot Gr3; Gr4 en Gr5 en Gr6 en Gr7).
Afdeling B – Hoërskole (twee onderafdelings: Gr8 tot Gr10 en Gr11 en Gr12) en
Afdeling C – Volwassenes.

Deelnemers kan in beide kategorieë deelneem en ’n maksimum van drie inskrywings word per deelnemer toegelaat. Elke inskrywing moet deur sy eie inskrywingsvorm vergesel wees.

Die volgende geld ten opsigte van die lengte van inskrywings:
Gedig – Geen beperking op vorm of lengte nie
Prosa/Sketse – 500 woorde
Kortverhale – 3500 woorde (ongeveer 3 folio’s)

Laerskool leerlinge kan hulle materiaal in netjiese leesbare skrif of getik indien, terwyl hoërskool leerlinge en volwassenes se werk netjies getik moet wees.

Die inskryfvorm wat elke inskrywing moet vergesel sal as waarborg dien dat dit die persoon se eie werk is. Leerlinge word hierin deur hul ouers of voog bygestaan.
Inskrywingsfooi beloop R30 per inskrywing.
Sluitingsdatum van die inskrywings is 31 Augustus 2022.

Alle inskrywings plus inskrywingsfooi kan in ’n toegeplakte A4 of A5 koevert ingehandig word by Rita Volschenk by die SPAR KunsteGrot@Trollope, die nuwe perseel op die Thabazimbi Skouterrein.
Aanlyn inskrywings kan per e-pos aan rivo@kunstegrot.co.za gestuur word terwyl Inbetalings per EFT by Capitec Bank, Thabazimbi – Spaarrekeningnr: Kunste Eisteddfod 1398624630 – Takkode: 470010 gemaak word. Gebruik Naam en Skryfkuns as verwysing wanneer inbetaling gedoen word. Inskrywingsvorms is op aanvraag beskikbaar by rivo@kunstegrot.co.za

Alle inskrywings sal uiters vertroulik hanteer word en beoordeling word deur onafhanklike bekwame en erkende beoordelaars gedoen.

Toekennings:
Afdelings A en B:
(Beide Kategorieë)
Sertifikate: – Wenner, Naaswenner en Derde plek per Graad asook ’n medalje aan die Graadwenner.
Trofee: – Afdeling A: Algehele wenner per onderafdeling Gr1-3; 4-5; en 6-7.
Pryse: –
Afdeling B: Algehele wenner per onderafdeling Gr8-9 en 10-12.
Afdeling C: Sertifikate – eerste vyf plekke; Medalje – wenner van afdeling; Pryse – Wenner en Naaswener.
Deelname sertifikate aan al die ander deelnemers.

Laai jou inskrywingsvorm hieronder af en stuur dit met jou inskrywing om Rita voor 31 Augustus te bereik. Besonderhede is op die inskrywingsvorm beskikbaar.

Vir meer inligting en navrae, kontak Rita Volschenk van die KunsteGrot by 083 744 8559.

Hooffoto: Plaaslike volwasse en Hoërskool-medaljewenners van verlede jaar se se KunsteGrot-ATKV Skryfkunskompetisie

Inskrywingsvorm 2022