ATKV bederf seniors met braai
Die ATKV Thabazimbi-tak in samewerking met die vrywilligerspan van die SAVF Thabazimbi het Vrydag 1 Julie die inwoners van Bosveldoord, Huis Immergroen en Sonskynoord trakteer met ‘n braai.
‘n Paar hoërskool leerlinge het ook hul hulp aangebied waar Henkie Botha die voorslag braaier was, terwyl Lalalé Studio se Lieselotte Smit en Nelita Janse van Rensburg vir sangvermaak gesorg het.
Selfs ‘n Mej Thabazimbi finalis, Annecke Bezuidenhout, was behulpsaam met die opskep van kos.
Die bejaardes het die vermaak baie geniet en het weggelê aan die heerlike braaivleis-ete wat bestaan het uit sosatiewors, pap en sous asook drie slaai en ‘n koeldrank.




ATKV bied jaarliks hierdie projek aan in samewerking met die SAVF Thabazimbi-tak.
Thabazimbi ATKV bedank graag vir Pick n Pay Thabazimbi vir die afslag op die sosatiewors. Die ATKV se dank word ook oorgedra aan elke vrywilliger en persoon wat betrokke was om die dag n sukses te maak.
Indien jy belangstel om ‘n lid van die ATKV te word, sms ATKV na 083 744 8559.