EntertainmentFeatured

ATKV en Lalalé Studio sangers vermaak seniors

Die ATKV Thabazimbi-tak in samewerking met plaaslike sangers van die Lalalé Studio het op 20 Junie die seniors en personeel van Huis Immergroen op Thabazimbi met heerlike verversings trakteer en hulle boonop met hul sang vermaak.

Dit was ’n heerlike kuier met ’n paar trane wat onderling tydens die sing van liedere soos Ca sera sera, I Have a Dream en Anchor stilweg weggevee is.

Die drie sangers, Lieselotte Smit, Carla Barnard en Nelita Janse van Rensburg (op die foto saam met die seniors), het die seniors se harte geraak en die versoek is dan ook gerig dat hierdie optrede nie die laaste moet wees nie.

Die ATKV bedank hierdie drie talentvolle dogters vir hulle onbaatsugtige diens en betrokkenheid by hierdie projek.