EditorialFeatured

Naweek kommentaar: Negatiewe Beurtkrag – Positiewe stem vir ANC

Die afgelope sessies van onverwagte beurtkrag, reg aan die begin van die winter, het die land met sy besighede en inwoners skielik in die duisternis gedompel. Tog het die ANC se Eskom daarin geslaag om hierdie bitter pil met ’n suikerlagie te bedek sodat die stemgeregtigdes net die soet smaak in hul monde sal onthou en die bitter pil makliker gaan sluk.

Hoekom die skielike twee-en-’n-halfuur kragonderbreking wat telkens, tot almal se verligting met 20 minute of meer verkort word. Die daaglikse afgradering na Fase-3 en selfs Fase-4 wat skielik verlig word om nie te praat van die skielike opheffing van alle beurtkrag nie – Glo almal in die wonderwerk dat ’n Fase-4 beurtkrag net so opgehef is tot ’n status waar beurtkrag wat meer van toepassing is nie?

Het hulle die korrupte profeet van Malawi ingeroep om sy dolosse te gooi? Mens kan maar net wonder. Van Fase-4 tot waar alles ten volle funksioneel werk verg vaardigheid. Iets wat ten volle by die ANC en hul kaderontplooiing ontbreek.

Ons het die afgelope week Jeugdag ‘gevier’. Die dag is ter herinnering aan die ANC stryd, waar skoolkinders protesteer het teen die rassistiese regering en die aanbieding as Afrikaans as ’n verpligte skoolvak. Talle kinders en sommige ANC-aktiviste wat agter hulle geskuil het, het in die onluste omgekom.

Hierdie geslag jongmense het as die ‘Verlore generasie’ bekend gestaan in al die ANC se verdere propaganda teen rassisme en apartheid.

Tydens die bykans drie dekades wat die ANC bewind oor Suid-Afrika uitoefen is daar reeds een volle generasie van geboorte tot volwassenheid gebring en danksy die staat se welsynstoelaes aan vroue vir hul kinders volg die volgende generasie, wat binnekort geslagsryp sal wees, om hul bydrae tot ’n vierde ‘verlore’ generasie te lewer.

Tydens hierdie bykans 30 jaar van ANC bewind is rassisme, by name apartheid, as amptelike beleid uit die boeke geskraap maar ongelukkig vervang deur verskuilde rassisme soos die BBBEE (Swart Breë Basis Ekonomiese Bemagtiging) en regstellende aksie, sodanig dat dit die land se ekonomie totaal verwoes het en die land se ekonomie wêreldwyd afgegradeer is tot rommelstatus. Dit beteken dat niemand wat iets tot welvaart kan bydra bereid is om in Suid-Afrika te belê nie.

Die ANC en die EFF se grootste rede vir al hierdie afgraderings is rassisme en apartheid waarvoor die wit bevolking, volgens hulle, steeds die skuld tot hul eie onvermoë en korrupsie moet dra.

Hierdie nuwe generasies het grootgeword met beurtkrag as ’n aanvaarde deel van hulle lewe. Hulle aanvaar werkloosheid as die norm en weet nie van die tyd toe daar nog talle nywerhede met werkgeleenthede in Suid-Afrika bestaan het nie.

Opgejaag deur emosionele eise vir grondbesit deur jeugleiers wat binnekort hul eie kleinkinders in die oë gaan kyk, is daar dus reeds drie generasies wat glo dat hierdie land, wat deur die swart mense ontwikkel en opgebou is, deur Jan van Riebeeck en sy wit nasate by die swartmense gesteel is. Dit het blykbaar ongeveer 2000 jaar gelede gebeur, soos volbekkig deur een van die ANC kabinetsministers verklaar is.

Ek glo die wit voorgeslag sou reeds ’n paar honderd jaar gelede in Kaïro gewees het as Kaapstad en al die ander hoofstede, wat reeds met spoor en snelweë verbind was, wel bestaan het.

Maar om terug te keer tot daardie suikerbedekte-bittepil. Die media en dus ook die bevolking, kan slegs reageer op dit wat Eskom se woordvoerder sê. Niemand weet eintlik wat die werklike omvang is van opwekkingseenhede wat skielik van lyn af is of geskeduleerde onderhoud nie. Is dit wat aan ons opgedis word werklik te wyte aan probleme met onderhoud, steenkool of watter rede ook al deur Eskom verskaf?

Oor die bykans 30 jaar heen het die ANC hulle volgelinge reeds sodanig gebreinspoel dat hulle enige iets uit die mond van die ANC-bevryders aanvaar – dit is mos die mense waarvoor hulle gestem het wat sulke uitstekende diens lewer.

Al die voorafgaande word aan hierdie ‘Verlore geslagte’ opgedis met: ‘Kyk hoe goed het die ANC die negatiewe beurtkrag onder beheer. Hulle kan selfs gou weer die krag en eenhede van lyn af was terugbring om die mense se ongerief te verlig deur hulle effektiewe en betroubare kundigheid’ – (verskoon die galgehumor).

Mens hoef eintlik nie te vra waar alles inpas nie – dit is ooglopend. Oor binne vier of vyf maande gaan die volgende munisipale verkiesings plaasvind. Die ANC moet nou hulle beeld poets om al die son te vang voordat alles in duie stort. Hulle het hierdie stemme dringend nodig om hul absolute meerderheid in die land se munisipaliteite te behou.

Hulle het die Covid-19 begroting reeds deur korrupsie uitgeput sonder dat iets werklik omtrent die Covid-situasie in Suid-Afrika gedoen is. Daar is hospitale met beddens maar niemand om die pasiënte te versorg nie.

So-pas het pres Ramaphosa weer bakhandjies by die wêreldforum gaan staan en bedel vir meer geld om op die ANC en hul kaders te spandeer – steeds ken Bafana en die res van die oorwegend swart sportmanne nie die woorde wat volg op ‘Setjhaba sa, South Afrika, South Afrika . . . .’

So maklik word geskiedenis oorboord gegooi deur stamme wat slegs bekend is met fabels wat van geslag tot geslag oorgedra word en nie feitelike geskiedskrywing nie.

Kommentaar deur Pieter Coetzee – Redakteur: Kwêvoël (sedert 1983)