Lewendige Vermaak by Khaya Kwa

Nog ’n kunstenaar maak deel uit van die Meimaand program by Khaya Kwa Restaurant en kroeg net buite Thabazimbi. (Oorkant die hoofingang na die Marakele Nasionale Park)

Doringdraad, bekend vir sy grappe op Facebook, gaan op 26 Mei om 18:30 die kunstenaar wees by Khaya Kwa en soos hy bekend is, is sy doel om die gehoor te laat lag. Lag is so broodnodig terwyl ons nog onder die donker wolk van die Covid pandemie beweeg.

Meimaand se vermaak skop af met die Afrikaanse Country sanger, Ray Dylan, op Saterdag 1 Mei. Maak seker en bespreek nou jou plek by 078 794 5896.

Kom vroeg genoeg en geniet een van die spesiale disse op die spyskaart.

Khaya Kwa Specials