Tydelike inperking-regulasies vir die Paastyd
Die tydelike inperking-regulasies wat oor die Paastyd van toepassing sal wees is gisteraand, Dinsdag 30 Maart, deur president Cyril Ramaphosa bekend gemaak.
’n Tydelike verbod op alkoholverkope sal vir vier dae, vanaf Vrydag 2 April tot Maandag 5 April, gedurende die Paasnaweek van krag wees.
Verbruik van drank op persele soos restaurante, shebeens en kroeë sal toegelaat word. Drank mag, afhangende van die dranklisensie, egter net tot 23:00 verkoop word.
Meer mense mag byeenkomste bywoon met 250 mense binnenshuis (of 50% van kleiner lokale se kapasiteit) en 500 mense vir buitelug byeenkomste.
Gewone inperking-regulasies ten opsigte van Covid-19 regulasies bly onveranderd.
Alle openbare spasies soos strande en parke bly oop.
Die aandklokreël van 12 uur middernag tot 04:00 bly onveranderd.
Begrafnisse mag steeds deur ’n maksimum van 100 mense bygewoon word
Interprovinsiale reise word toegelaat.
Dra van maskers is steeds verpligtend.