CommunityFeatured

50-Jaar reünie vir HFM 70’s Matrieks

Die matrieks van 1970 het die naweek van 9 Oktober hul 50-jaar reünie op ThaniZimbi net buite Thabazimbi gehou.

Die oudleerlinge van HFM, wat bestaan het uit 17 vrouens en 13 mans en hulle gades, se funksie het met ’n vrolike Hawaii-tema en chinesebraai afgeskop. Hier is ou vriendskappe weer hernu met ’n gesellig saamkuier tot laat.

Weens logistieke- en gesondheidsprobleme kon 21 oudleerlinge nie die funksie bywoon nie. Hieronder was Hannes Stopforth (Kanada) en Ria Snyman van Niekerk (VSA) weens die huidige inperkingsregulasies.


Saterdag kon almal die skooltoer onderneem waartydens die onderwysers met verversings verwelkom is. Die aand se Lam-op-die-spit was onverbeterlik.

2020_Hfm_reunie_70s_uurglas_foto_2
Die uurglas seremonie waar mede oud-leerlinge gevra is om ‘n kersie dood te blaas vir hulle wat nie meer daar is nie.

Die uurglas seremonie waartydens daar hulde aan die 14 alma maters wat reeds afgesterf het gebring is, was een die aand se hoogtepunte. Hulle was Paula Brink, Jan (Kers) Engelbrecht, Christo Greyling, Elize Janse van Vuuren, Herman McAlpine, Elize Prinsloo, Marlene van der Hoven, Magriet van Niekerk, Nico van Staden, Hendrik van Staden, Rosa van Wyk, Jan Vorster, Dave Landsberg en Joey Cornelius.
’n Paar van die maats is gevra om tydens die seremonie die kersies dood te blaas.

Die oud-onderwysers wat die geleentheid bygewoon het, was Chris Bergsma (Biologie) en sy vrou Amelia, Ben van Rensburg (LO en Rekeningkunde) en Martie asook Jan Fourie (Boekhou en Sport) en Coral.

Oud leerlinge het van so ver as Durbanville, Paarl en Koringberg in die Kaap, Nelspruit, Gauteng en nader vanaf Brits, Magaliesburg gekom en by die paar wat steeds in Thabazimbi bly die tyd op Frikkie Meyer herleef.

Met 50-jarige reünies wat al hoe meer gebeur is dit merkbaar hoe vriende mekaar na al die tyd opsoek met rekordgetalle wat hierdie reünies bywoon.

Kontak gerus Kwêvoël by kwevoel@kwevoel.co.za vir plasing van berigte en foto’s van julle HFM reünies.