Plaasaanvalle en Plaasmoorde: Augustus 2020
Die organisasie “ToekomsVonk”, sê in ‘n mediaverklaring dat dit duidelik is dat plaasaanvalle nie deur individue uitgevoer word nie, maar deur bendes.
Volgens statistieke ingewin het die bendes gedurende Augustus uit gemiddelde vier aanvallers per plaasaanval bestaan. Die gemiddelde ouderdom van slagoffers van plaasaanvalle- en moorde gedurende Augustus was 50 jaar.
ToekomsVonk hou vanaf 2017 noukeuring rekord van aanvalle en moorde op plase.
Aan die einde van Augustus 2020 lyk die statistieke soos volg:
In Augustus 2020 was daar 48 plaasaanvalle en is nege boere vermoor. Die oudste slagoffer van ‘n plaasaanval sover in 2020, was 92 en die jongste was 1 jaar oud.
Gedurende die maand het die meeste aanvalle op ‘n Woensdag plaasgevind.
Verder dui die statistieke daarop dat die meeste aanvalle (13) tussen 24:00 en 06:00 in die oggend, gevolg deur tussen 18:00 tot 24:00 (12 aanvalle) uitgevoer is.
In totaal is daar reeds 43 boere tydens 287 plaasaanvalle in 2020 vermoor. Gedurende dieselfde tyd in 2017 was daar 291, in 2018 was daar 313 en in 2019 was daar 274 aanvalle.