AgriculturalEditorial

Agri SA: Klassifikasie van droogte herroeping is ‘n nasionale ramp

Agri SA sê dat hy kennis neem van die Goewermentskennisgewing wat op 16 Julie 2020 deur dr Mmaphaka Tau (Adjunk Direkteur-Generaal) van die Nasionale Rampbestuursentrum gepubliseer is. Hierdie kennisgewing herroep die klassifikasie van droogte as ‘n nasionale ramp.

Agri SA dat jy jou kop net in ongeloof kan skud oor hierdie tipe ondeurdagte en reaksionêre aankondigings deur die Nasionale Rampbestuursentrum. Daarby het die regering die afgelope paar jaar geen daadwerklike poging aangewend om die langtermyn impak van die langdurige droogte in droogtegeteisterde gebiede op kommersiële landbou te verlig nie.

Agri SA se herhaalde pleidooie dat die regering die kommersiële landbousektor met ‘n finansiële hulppakket moet bystaan, het op dowe ore geval. Die gebrek aan bystand het ‘n uiters negatiewe impak op die volhoubaarheid van die Land Bank gehad en so ook op ander finansiële instellings wat boere in die gebiede finansier.

Agri SA wil graag die navorsing en verbandhoudende data sien wat tot hierdie aankondiging oor die opheffing van die klassifikasie van ‘n droogte gelei het. Indien hier bloot net van die heup afgeskiet word, moet koppe rol.

Die ramphulp van R139 miljoen wat deur die regering aangebied is weens die nasionale droogteverklaring is ʼn fraksie van die werklike kostes wat die landbousektor die laaste 5 tot 8 jaar beleef het.

Agri SA eis daarom dat die regering omvattende redes gebaseer op deeglike navorsing verskaf, waarom droogte nie langer as ‘n nasionale ramp geag word nie. Maar meer nog wat die regering gaan doen om kommersiële landbou in gebiede waar boere oor jare heen erge droogte ervaar, by te staan.

Dit is kommerwekkend dat die hoof van die Nasionale Rampbestuursentrum nie ag slaan op die feit dat groot dele van die Wes-, Oos- en Noord-Kaap nog steeds gebuk gaan onder die effek van die grootste droogte die afgelope 100 jaar.

Agri SA het met die privaatsektor hande gevat om oor tyd verligting te bring aan boere, plaaswerkers en gemeenskappe wat deur die voortslepende droogte geraak word.

Agri SA: Repeal of the classification of drought as a national disaster

Agri SA has noted the Government Notice published by Dr Mmaphaka Tau (Deputy Director-General) of the National Disaster Management Centre on 16 July 2020.

This notice repeals the classification of drought as a national disaster. This type of ill-considered and reactionary announcement by the National Disaster Management Centre boggles the mind.

During the past few years, the government has made no real effort to alleviate the long-term impact that the lingering drought has had on commercial agriculture in certain areas. Agri SA’s repeated requests to the government to assist the commercial agricultural sector with a financial package have fallen on deaf ears.

This lack of support has had an extremely negative impact on the sustainability of the Land Bank as well as other financial institutions that assist farmers in these areas. Agri SA wants to see the research and related data which led to the announcement that the declaration was repealed. If this is merely a question of shooting from the hip, heads must roll.

The disaster relief of R139 million provided by the government due to the declaration of a national drought is a fraction of the actual cost to the agricultural sector over the past 5 to 8 years. Agri SA therefore demands that the government provide comprehensive reasons – based on reliable research – why the drought is no longer deemed a national disaster.

In addition, the organisation would like to know what the government is going to do to assist commercial agriculture in areas where farmers have suffered severe drought conditions over the years. It is of grave of concern that the head of the National Disaster Management Centre ignored the fact that large parts of the Western, Eastern and Northern Cape continue to suffer from the effects of the longest drought in 100 years.

Agri SA has joined hands with the private sector to bring relief to farmers, farm workers and communities affected by the ongoing drought over time.