Bespreek nou vir Valentynsaand op Klipbokkie
Dink aan ’n romantiese aand in die Kransberge en vier Valentyndag by Klipbokkie – daar waar die wind saggies deur die hoë bome waai en sluit dit af met ’n romantiese fliek.
Kom geniet Klipbokkie se eerste geleentheid op ’n romantiese manier op Valentyndag 14 Februarie met ’n heerlike braai en romantiese fliek, toegewikkel in ’n warm kombers want daar bo-op die berg kan dit nogal koel raak.
Die internet het ons bietjie in die steek gelaat – bespreek net voor 13 Februarie en ons hou vir jou plek.
Klipbokkie bied ’n pragtige omgewing met stap- en fietsryroetes, natuurlike swempoele en kampeerterrein. Goed toegeruste oornaggeriewe is ook beskikbaar.
Ons begin klein maar eersdaags sal ons ontvangssaal gereed wees vir groter geleenthede soos huweliksonthale en ander funksies.
Kom kuier saam en ontdek die ongerepte juweel in die Kransberge.