Community

Laerskool Thabazimbi Interhuis Atletiekbyeenkoms

Laerskool Thabazimbi het verlede Woensdag hul jaarlikse Interhuis Atletiekbyeenkoms aangebied.

Die was ’n lieflike dag met al die atlete op die veld wat hul beste gegee het en goed ondersteun is deur leerlinge vanaf die pawiljoen.

Die dag is dan ook gekenmerk met vyf rekords wat in die slag gebly het en een wat geëwenaar is.

Die byeenkoms is deur die Koedoes gewen met 300 punte, met die Duikers kort op hul hakke met 294 punte en die Rooibokke met 281 punte.

Die Rooibokke is aangewys as die wenners van die sangbeker.

Die Victor Ludorm was Zyanda Ngubane met eerste vyf- en een tweedeplek. Die Victrix Ludorm was Chenique van Niekerk met vyf eersteplekke.

Atlete wat nuwe rekord opgestel het was Waylon Swarts wat gesorg het vir nuwe rekords vir So/12 in verspring met ’n afstand van 4,63m en in die 150m naelloop met die nuwe tyd van 20,5 sekondes. Hy ewenaar ook die 100m naelloop met ’n tyd van 13,1 sekondes.
HJ Koekemoer, So/12, verbeter die rekord vir 75m hekkies na 13,2 sekondes asook die 150m hekkies na 24,1 sekondes.
Abigail Venter verbeter die rekord vir verspring Do/11 na 3,52m.

Met die onsekerheid oor die beskikbaarheid van Eskom krag, het die meeste skole hulle Interhuis byeenkomste verskuif dat dit nou gedurende skooltyd plaasvind.

Op die fotos onder is die Sportspanne op die paviljoen en aankoms van die dirigente.

Laerskool Thabazimbi kondig dus hul resultate eers die volgend Maandag tydens skool aan om seker te maak dat al die kinders wat per bus na die skool vervoer word nie hul busse verpas as gevolg van die interhuisbyeenkoms nie.