Kommentaar – Konstruksie en motorverkope betreurenswaardig
’n Land se ekonomiese groeisyfer is gewoonlik sigbaar in sy konstruksie-sektor en in die verkope van motorvoertuie.
Met sommige Provinsiale wetgewers wat ’n verbod op die aankoop van nuwe voertuie deur hul uitvoerende personeel geplaas het, het voertuigverkope beslis baie afgeneem aangesien dit slegs persone in provinsiale- en staatsdiensposte asook parlementslede is wat nuwe voertuie kan bekostig en beslis nie meer die mense wat bydra tot ’n groeiende ekonomie nie.
So het ’n verslag deur Wilson Bayly Holmes-Ovcon daarop gewys dat die pad-bou, konstruksie en siviele ingenieurs-afdelings baie vaardige werkers verloor wat weens die ekonomiese uitdagings en die swak konstruksie sektor eerder emigreer.
’n Aktiewe mynsektor in Botswana en Suid-Afrika is al wat werk verleen aan pad- en aardverskuiwings ondernemings. Geen nuwe werk word beplan deur SANRAL, die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap.
Basil Read se aandele wat onlangs met 2,8% geval het, is besig om na ’n kleine perseel te skuif. Die firma het ongeveer ’n jaar gelede van die meeste van sy werkers ontslae geraak nadat dit oorgegaan het tot ’n oorlewingsboei aanvaar het. Op daardie stadium was dit bedrywig op 20 konstruksie persele waarvan party voltooi en by ander konstruksie gestaak is.
Die stap is deur Basil Read gedoen nadat finansiële instansies nie meer bereid was om finansiering vir onvoltooide konstruksie projekte te verskaf nie, dit terwyl hulle gewag het vir kontant om in te kom nadat daar van nie-kern bates ontslae geraak is.
Net soos ander konstruksiemaatskappye het Basil Read ook ’n armoede aan konstruksiewerk na die 2010 Fifa sokker Wêreldbeker ervaar. Hieronder is Group Five en Esor wat ook oorlewingsboeie aanvaar het.
Slegs personeel wat benodig word om bestaande kontrakte, soos Eskom se Medupi kragsentrale te voltooi, is behou. Al die ander werknemers is afgedank en het hulle sou volledige afleggingspakette ontvang.
Kommentaar deur Pieter Coetzee – Redakteur