Kore presteer by Sing in Harmonie Kompetisie
Laerskool Thabazimbi se Junior- sowel as die Senior-koor, het op Maandag 27 Mei aan die Sing in Harmonie Koorkompetisie te Laerskool Rustenburg deelgeneem. Albei die kore het uitstekend gevaar en beide is deur na die finale rondte wat in Oktober by Gold Reef City gaan plaasvind.

